OUDTSHOORN NUUS - Skrywers en digters van Oudtshoorn wat lede is van Klein Karoo Skryf, die plaaslike skryfkring, bied op 30 November om 19:00 Karoovenster by die Ostrich Emporium aan.
Ses van die lede gaan poësie en kortverhale van ongeveer tien skrywers voorlees. Die voorlesings word met musiek afgewissel.
Kaartjies is R50 elk en is by die deure beskikbaar of vooraf te koop by Josi (072 494 7999). Klein Karoo Skryf, onder voorsitterskap van Coen Basson, is ook tans besig om lede se bydraes te keur vir publikasie in 'n bundel wat hulle beplan.
Vir inligting oor die skryfkring kontak Coen Basson by 084 233 3600.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'