Update
CALITZDORP NUUS - 'n 65-jarige man van Calitzdorp, wat teregstaan op nege aanklagte wat met seksuele misdrywe van minderjariges verband hou, se verhoor sal in Juliemaand begin.
Hy het Woensdagoggend in die Oudtshoorn-streekhof verskyn. Die man se naam is aan die Oudtshoorn Courant bekend, maar kan nie genoem word voor hy gepleit het nie.
Daar is minstens vier klaers in die saak wat almal minderjarig is.
Een van die klagtes is verkragting terwyl die res van die klagtes met seksuele aanranding en die wys van pornografie aan minderjariges verband hou.
Hy is op 4 November verlede jaar in hegtenis geneem en het in die Calitzdorp-landdroshof verskyn. Die man is op 8 April vanjaar op borgtog van R2 000 vrygelaat.
Sy regsverteenwoordiger, Adv. Benito Metembo, het Woensdagoggend aan die hof gesê dat die verdediging vier getuies wil roep.
Metembo het na die verrigtinge aan die Oudtshoorn Courant gesê dat hy en sy kliënt alle beweringe teen hom ontken en sy onskuld sal in die hof bewys word.
Sover vasgestel gaan word gaan van die minderjarige kinders in camera in die hof getuig,
Streeklanddros Daniël Boks het die saak vir verhoor vir 16 en 19 Julie uitgestel.
Lees 'n vorige artikel: 9 klagtes teen bejaarde
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'