DYSSELSDORP NUUS - Dysselsdorp se polisie, lede van die gemeenskap en lede van die buurtwag het 'n soekgeselskap gevorm om na Daman April (71) te soek wat sedert 4 Desember vermis is.
Volgens kaptein Joey Strydom, stasiebevelvoerder van Dysselsdorp-polisie, is April vroeg in Desember as vermis aangemeld, maar lede van die gemeenskap het die polisie ingelig dat hy wel gevind is.
"Ons het die week verneem dat die inligting nie korrek is nie en dat hy steeds vermis is. 'n Massiewe soekgeselskap het gister en vandag na hom in die berge naby Dysselsdorp gesoek, maar die soektog is weens die hitte gestop."
Enigiemand wat inligting oor April het kan die Dysselsdorp-polisiestasie by 044 251 8403.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'