DE RUST NUUS - Die saak teen 'n man van De Rust, wat 'n 70-jarige vrou helder oor dag in ‘n straat van haar handsak met haar selfoon, beursie en ander besittings beroof het, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof vir uitspraak tot later die maand uitgestel.
Alfonzo Malgas (24) word van roof met verswarende omstandighede aangekla nadat hy die oggend van 17 Februarie 2020 die 70-jarige Valerie Steyn van agter genader en haar handsak gegryp het.
Hy het haar later glo met 'n klip teen die kop gekap en met die handsak weggehardloop, maar is nog dieselfde dag in hegtenis geneem.
Die skraalgeboude Steyn het Woensdag getuig dat sy die betrokke oggend onderweg was huis toe en kortpad met ‘n grondpad gekies het, met huise aan die een kant en bosse aan die ander kant. Sy het voetstappe agter haar gehoor en skielik gevoel iemand gryp aan haar handsak.
Malgas het gesê, “Gee, gee” en in die stoeiery het sy geval en haar gewrig gebreek. Malgas het toe ‘n groot klip opgetel en haar daarmee teen haar kop gekap. Haar kop was nie stukkend, maar het vinnig geswel.
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'