Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Dysselsdorp en dele van die landelike waterskema oos van Oudtshoorn gaan binne die volgende paar uur sonder water wees as gevolg van skade aan ‘n Eskom-transformator.
Die 500 KVA-transformator wat krag aan die watersuiweringswerke by Dyssesldorp voorsien het om ongeveer 11:30 vandag aan die brand geslaan en is onherstelbaar beskadig.
‘n Span tegnici van Eskom is tans met ‘n nuwe transformator vanaf Kaapstad onderweg om die beskadigde een te vervang. Dit is egter onbekend hoe lank die herstelproses sal duur.
Intussen is die Oudtshoorn-munisipaliteit in kontak met die kantoor van die provinsiale minister van plaaslike regering om as noodmaatreël ‘n mobiele transformator te voorsien wat gebruik kan word.
Inwoners word gewaarsku om alles in hul vermoë te doen om water te spaar.
VERSKAFDE VIDEO: 500 KVA-transformator slaan aan die brand
'Ons bring jou die nuuste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'