OUDTSHOORN NUUS - Interessante oudinwoners haal die blaaie van die Courant, die NA Smit-swembad bied sy eerste groot swemgala aan, die Proefplaas word amptelik geopen, die gebruik van die grotte as 'n skouburg is dalk nie 'n goeie idee nie, oudhede word uit die Suid-Kaap weggery, 'n bolwurmplaag tref van die plase.
18 Oktober
Op 21 Oktober word die eerste volwaardige swemgala in die NA Smit swembad aangebied.
Die Kaapse swemklub Gordon's kom teen Oudtshoorn se klub en die Weermag te staan Altesame 57 deelnemers, waarvan 37 kinders tussen 9-17 jaar, gaan deelneem Die Kaapse klub stuur 'n waterpolospan wat teen die Weerman se span sal speel.
21 Oktober 1967
•Arnold Idler 'n vlieënier en eienaar van 'n vliegskool in PE het met sy vliegtuig vermis geraak. 'n Grootskaalse soektog al langs die kus en later in die Klein Karoo se berge het niks opgelewer nie.
Idler was op pad na Kaapstad en is laas gesien toe hy brandstof op George ingegooi het. In die daaropvolgende dae is die soektog nog verder aansienlik uitgebrei, maar lewer niks op nie
•'n Bolwurmpes tref die rekord koringoes. Volgens die hoof voorligtingbeampte mnr D van Zyl Smit is veral Zeekoegat Langverwacht en Rietfontein swaar getref.
Daar lê die meel spierwit op die grond. Daar word in sekere gevalle 3 bolwurms op 'n aar getel.
Vliegtuie bespuit die erg besmette landerye. Lusernlande loop ook deur. Die plaag is te laat ontdek.
•'n Oudhede-smous, mnr F Viveiros ry vragtevol oudhede uit die Suid-Kaap en die Langkloof weg Kaap toe om te verkoop. “Ek het die wêreld drooggekoop” sê hy vir die verslaggewer.
Hy glo hy verrig 'n weldaad, aangesien hy dit uit die hande van mense red wat dit in elk geval nie waardeer nie. Hy het al R30 000 daaraan spandeer en 60 000 myl in die proses afgelê.
28 Oktober 1967
•Miss Ethel Edmeades is op 23 Oktober oorlede. Sy was die dogter van William Edmeades een van die ses Edmeades-broers, 'n baie bekende Oudtshoorn-familie.
Haar oom Edwin TL Edmeades het die imposante Pinehurst in 1911 laat bou.
Met die jare het hierdie uitgebreide familie deur die land versprei tot net die twee oujongnooiens Ethel en Irene agtergebly het.
Die C P Nel argief word gereeld deur die talle nasate besoek vir die genealogiese inligting wat daar bewaar word.
•Oudtshoorn se proefplaas word amptelik geopen. Ingeligte sprekers uit die landbou beklemtoon die belangrikheid van so 'n instelling waar nuwe variëteite van landbougewasse, nuwe boerderypraktyke en masjinerie bekendgestel word.
Prof J S Perold verwelkom die 250 Boere en mnr F Grundlingh verwelkom die verskillende sprekers van die Openingsdag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'