OUDTSHOORN NUUS - Vyf mense, waaronder drie jong kinders is, is met ligte beserings in die Oudtshoorn-hospitaal opgeneem ná 'n botsing tussen 'n polisievoertuig en 'n bakkie.
Die ongeluk het skuins na vieruur op die De Rust-pad gebeur.
Die polisievoertuig, met a.o. Bruintjies van die Oudtshoornse honde-eenheid agter die stuur, was vanuit De Rust terug op pad na Oudtshoorn toe 'n blou bakkie na bewering by die Riemvasmaak-afdraai voor hom ingedraai en die twee voertuie mekaar getref het.
'n Vrou en drie jong kinders, almal insittendes in die bakkie, is na die hospital geneem vir behandeling.
A.o. Bruintjies, wat sy knie in die botsing beseer het, is deur 'n kollega na die hospital vervoer.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'