CALITZDORP NUUS - Vier van De Krans-wynkelder in Calitzdorp, se wyne het met goue medaljes weggestap tydens die jongste Gold Wine Awards. Die wyne wat op hierdie kompetisie in goud verwerf het, is De Krans se Free-Run Chenin Blanc 2017, Pinotage Rosé 2017, Touriga Nacional 2016 en A Twist of Fate 2015.
Soms gebeur wyne toevallig, soos in die geval van A Twist of Fate 2015. Boets Nel, mede-eienaar van De Krans, se pa, Chris, het in 1973 wingerd aangeplant onder die indruk dat dit shiraz was, maar toe uitgevind dis eintlik tinta barocca. Dis ook die eerste Portugese kultivar wat sy pad na Calitzdorp gevind het. In nog 'n kinkel in die storie het Boets en sy broer, Stroe-
bel, gedink hulle plant tinta roriz toe dit in werklikheid tinta amarella was. Hulle besluit om die wingerde te behou het op 'n gelukkige huwelik tussen tinta barocca en tinta amarella (50% van elk) met die gepaste naam A Twist of Fate, uitgeloop.
Wat die ander drie wyne aanbetref is die De Krans Pinotage Rosé 2017 ten volle van inheemse Suid-Afrikaanse druiwe gemaak en druiwe gemaak.
De Krans se Touriga Nacional 2016 is gemaak van druiwe wat op die plaas self verbou word en vir 12 maande in Franse eikehoutvate ver-
ouder. Volgens Louis van der Riet, wynmaker van De Krans word die De Krans Free-Run Chenin Blanc 2017 onderskei van tradisionele chenin blancs deurdat slegs vryloopsap gebruik is wat 'n wyn met 'n vars volronde smaak tot gevolg het.
Die Gold Wine Awards is in 2014 gestig met die doel om verbruikers te help om ingeligte wynkeuses te maak en om wyne te bemark wat dit verdien. Met die geweldige groot keuse van wyne en bittermin leiding ten opsigte van wat om te koop, veral in die meer bekostigbare ka-tegorieë, speel hierdie kompetisie 'n belangrike rol. Wyne word beoordeel deur mense wat kursusse van die Kaapse Wyn-Akademie suksesvol voltooi het en die uitslae word dan statisties gekoppel aan die prys van die wyn om vas te stel watter wyne hul pryse werd is.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'