Update
OUDTSHOORN NUUS - Drie EFF-ondersteuners het omstreeks 10:00 voor die Oudtshoorn-munisipaliteit met hul plakkate stelling ingeneem.
Merilel Ludick, Rosetta Jansen en Celesté Lukas was reg om aan ‘n beoogde plakkaat optrede ter ondersteuning van die mosie van wantroue teen President Jacob Zuma deel te neem.
Die optrede is beplan om van 09:00 tot 11:00 plaas te vind, maar die drie vroue was om 10:00 nog die enigste op die terrein waar die optrede beplan is om plaas te vind.
Lees 'n vorige artikel: Nog geen plakkaat optrede in Oudtshoorn
Kyk 'n video hier:
VIDEO & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'