Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Drie motors was vanoggend in 'n botsing betrokke by die kruising van Bloemstraat en Langenhovenweg.
'n Golf en 'n munisipale bakkie was in teenoorgestelde rigtings met Langenhovenweg onderweg. Dit blyk dat die Golf in Bloemstraat wou indraai en deur die bakkie getref is.
Albei motors het teen 'n stilstaande Audi tot stilstand gekom.
Die bestuurders van die Golf en die bakkie is hospitaal toe geneem met beserings.
Kyk 'n video hieronder:
Albei motors het teen 'n stilstaande Audi tot stilstand gekom.
Die ongelukstoneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'