Breaking News
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Oudtshoorn brandweer het laat weet daar is tans drie brande waaraan Eden, Working on Fire en CapeNature aandag gee.
Die een is in die Swartberge, waarvoor die hulp van 'n vliegtuig môre ingeroep gaan word.
Die ander is die brand in die Robinsonpas wat vandag as gevolg van hitte en wind weer opgevlam het.
Die derde brand is in die omgewing van De Vlugt.
Op hierdie stadium blyk geen paaie gesluit te wees nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'