Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n 28-jarige man is vanoggend in verband met die moord op Deidré Opperman in De Rust in hegtenis geneem.
Opperman se verkoolde liggaam is Maandag deur die gemeenskap in 'n veld gevind.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het sy veelvuldige beserings aan haar kop opgedoen.
"'n Klip wat met bloed bevlek was is naby die liggaaam gevind is en op beslaggelê. Die liggaam was onherkenbaar vermink en verbrand.
"Na aanleiding van goeie ondersoek-werk en die samewerking van die gemeenskap is ‘n 28-jarige verdagte van De Rust Dinsdagoggend in verband met die moord-gearresteer," het hy gesê.
Die verdagte sal môre in die hof verskyn.
Lees 'n vorige nuusflits: Meisie vermoor en verbrand
Wrede aanranding
Die man wat van Natasha Mei se wreedaardige aanranding aangekla word, Enver Campher verskyn ook môre weer in die hof.
Mei is aan die einde van Vrouemaand vir 'n paar dae in 'n huis in Bongolthu aangehou waar sy gemartel en aangerand is.
Natasha Mei.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'