OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die gemeenskap van De Rust is warm onder die kraag na die verkoolde liggaam van 'n 16-jarige meisie Maandag in die veld buite die dorp gevind is.
Volgens kaptein Gert Fourie, stasiebevelvoerder van die De Rust-polisiestasie, is Deidré Opperman tussen Sondagaand en Maandagoggend vermoor en aan die brand gesteek.
Hy kon egter nie sê of sy voor of na haar dood aan die brand gesteek is nie.
Volgens 'n familievriend van Opperman, was sy 'n pragtige meisie met 'n liefde vir dans.
"Sy het nog nooit van te vore 'n kêrel gehad nie. Sy het drie weke gelede vir die eerste keer 'n seun gesoen en dit het vir haar gevoel of sy iets vreeslik verkeerd gedoen het," het Freddie de Bruin gesê.
Volgens hom is sy wreed vermoor.
"Hoekom so iets aan so 'n onskuldige kind doen? Sy het haar hele lewe voor haar gehad," het hy gesê.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Isak Katzen, 'n gemeenskapsaktivis, wys die bloedspatsel, wat nog duidelik op die klippe sigbaar is, uit. Dit is op die toneel waar Deidré Opperman dood is. Foto: Liezl van Niekerk
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'