OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Bekende skouduifteler van Oudtshoorn bied 'n beloning aan vir enigiemand wat kan help met inligting oor sy 20 skouduiwe wat onlangs uit sy erf gesteel is.
Volgens die teler, wat nie geïdentifiseer wil word nie omdat hy bang is sy duiwe kan weer geteiken word, is daar twee keer namekaar by sy hokke ingebreek.
"Die eerste aand, op 30 April, het hulle vier wyfies by my gesteel. Die tweede aand, 1 Mei, was ek en my gesin in die huis toe hulle die duifhok se slot en draad oopgeknip het. Daar is toe 16 mannetjies gesteel," het hy gesê.
Volgens hom teel hy reeds 40 jaar met duiwe en het hy al 20 jaar die duiwehokke op sy erf.
Die skade van die duiwe beloop ongeveer R50 000.
Volgens hom het al die duiwe, mannetjies en wyfies, wit koppies.
Een van die wyfie-duiwe. Foto's verskaf
"Dit is 'n baie duidelike kenmerk van die duif. Dit is dus nie moeilik om hulle tussen ander uit te ken nie. Al die duiwe het ook ringetjies om hul pootjies wat wys dat hulle by die Suid-Afrikaanse Sierduifvereniging geregistreer is."
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'