OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit is besig om herstelwerk aan twee gebarste waterpype te doen.
Die pype het in Bloemstraat en by die treinstasie naby PSP Timbers gebars.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit sê die watervoorsiening in die geaffekteerde areas sal vir ongeveer twee ure af wees.
Herstelwerk word gedoen aan 'n gebarste pyp naby die hoeke van Bloemstraat en Langenhovenweg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'