OUDSHOORN NUUSFLITS - Vier mense is lig beseer in 'n tweede kettingbotsing buite Oudtshoorn in drie dae.
Drie voertuie was vanoggend om streeks 08:00 naby Blomnek in De Rust in dieselfde rigting onderweg toe 'n aankomende vragmotor 'n ander vragmotor op 'n blinde hoogte verbygesteek het.
Die bestuurder van 'n Chev bakkie het gerem om 'n botsing te vermy en is van agter deur 'n Ford Icon getref. 'n Toyota bakkie het toe van agter teen die Ford vasgery.
In nog 'n voorval vandag is 'n bestuurder ongedeerd nadat sy bakkie se agterband gebars het en die voertuig deur 'n plaasheining gery en in die veld tot stilstand gekom het.
Die ongeluk het omstreeks 13:00 sowat 17km buite Oudtshoorn op die Georgepad gebeur.
Vier mense is lig beseer in 'n tweede kettingbotsing.
Die kettingbotsing.
Dié bakkie se agterband het gebars en die voertuig is deur 'n plaasheining gery en in die veld tot stilstand gekom.
Lees 'n verwante artikel: 2 Ernstig beseer in kettingbotsing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'