Gallery
OUDTSHOORN NUUS - 'n Huis in Dassieweg, nuwe uitbreiding, is vanoggend gedeeltelik beskadig na 'n brand, vermoedelik weens 'n kortsluiting by die vrieskas ontstaan het.
Volgens die eienaar se seun was hy en sy pa besig om buite te werk toe hulle die rook en vlamme sien. Hulle het vinnig opgetree en die banke wat aan die brand was na buite geneem. Die brand is betyds geblus en niemand is beseer nie.
'n Man van Derdelaan, Bongolethu, word ook tans in die hospitaal behandel na sy huis gisteraand afgebrand het.
Volgens die bure het die man na bewering sy eie huis aan die brand gesteek. Dit is egter nog nie duidelik of daar 'n klag ondersoek word en of hy beserings opgedoen het nie.
Niemand was in die woning terwyl dit gebrand het nie.
Niemand was in die woning terwyl dit gebrand het nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'