OUDTSHOORN NUUS - De Rustica-olyflandgoed buite De Rust, het vanjaar twee goue medaljes vir hulle olyfolie losgeslaan. Hulle olies was deel van 93 inskrywings vir die jaarlikse SA Olyfkompetisie.
De Rustica se enkele variëteit Frantoio, sowel as die enkel variëteit Coratina, het onderskeidelik in Suid-Afrika en in New York goue medaljes verower.
Volgens Joop Steenkamp, De Rustica se algehele bestuurder, was dit 'n moeilike oesjaar met ernstige droogtetoestande en 'n hittegolf, en het hulle nie geweet wat om te verwag nie.
Volgens Sue Langstaff, internasionale paneelleier van die kompetisie, was dit vanjaar 'n puik prestasie vir olies om goue toekennings te ontvang, juis omdat toestande só moeilik was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'