OUDTSHOORN NUUS - Sestien Oudtshoorniete moet Woensdag 25 April in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle die nasionale kredietwet (impeding/frustrating a credit provider) oortree het.
Twee van hulle is polisiemanne, vyf weermaglede en vier polisiesekerheidsbeamptes, terwyl vyf lede van die publiek ook op die klagtes teregstaan.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, word daar beweer dat hulle tussen Maart 2017 en Januarie 2018 lenings by 'n leningsbesigheid aangegaan het en daarna hul bankrekenings gesluit het nadat hulle die geld geleen het.
Die klagtes was aanvanklik bedrog, maar volgens Visser, "was die dossier by die landdroshof en die klagtes gaan verander na 'impeding/frustrating a credit provider'.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'