Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS & VIDEO - Die polisie ondersoek 'n klag van strafbare manslag na 'n ongeluk Sondag op die Mosselbaai-pad.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is een persoon dood en vyf ander persone is ernstig in die ongeluk beseer.
"Die ongeluk het om 15:15 op die Mosselbaai-pad gebeur. Na bewering het die bestuurder van die Volkswagen Jetta beheer oor die voertuig verloor en die voertuig het die pad verlaat. Die oorledene is ‘n Jakobus Oosthuisen van Welgeluk," het sy gesê.
Die beseerde pasiënte is per ambulans na die hospitaal geneem.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'