OUDTSHOORN NUUSFLITS - Een persoon is vroeg vanmiddag beseer toe ‘n bakkie aan Klaarstroom se kant van Meiringspoort omgeslaan het en op sy dak te lande gekom het.
Die oorsaak van en omstandighede rondom die botsing is nog onbekend.
Die bestuurder van die bakkie is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.
Meer inligting volg soos dit bekend raak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'