OUDTSHOORN NUUS - Motorfietsryers wat betrokke is by die Wheels of Hope-veldtog het Vrydag 26 September 'n vinnige stop in Oudtshoorn gemaak. Die groep bestaan uit tien persone wat een of meer ledemate verloor het.
Volgens Bush Mckelvey en Dave Malherbe is die rit gemik om geld in te samel vir persone met geamputeerde ledemate. Die groep het Saterdag 20 September vanuit Centurion vertrek vir 'n 15-dag, 6000 km lange rit en beoog om Saterdag 4 Oktober weer in Centurion te arriveer.
Malherbe het verduidelik dat prosteses uiters duur is. "Beide 'n prostesis en die aanpassing daarvan is duur. Dit kos ongeveer R50000 om 'n prosteses te pas en sowat R100 000 om een aan te skaf. Deur Wheels of Hope word daar probeer om dit vir gestremdes meer toeganklik te maak, sodat hulle weer 'n vol lewe kan lei. Ons hoop om fondse in te samel om 20 metings te dek of tien prosteses aan te skaf."
Mckelvey, wat beide bene verloor het, het in 2014 die Guiness Wêreldrekord gebreek deur 3 256.5km in 24 uur af te lê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’