OUDTSHOORN NUUS - Die wiele is aan die rol vir die 40ste bestaansjaarvieringe van die Weyers Memorial United Congregational Church wat op 25 Desember 1985 tot stand gekom het.
Die kerk het sy ontstaan uit die Oudtshoorn Congregational Church wat in 1838 deur die Londense Sendinggenootskap gestig is.
Na 'n skeuring binne die Bridgton Congregational Church in 1985 is die Weyers Memorial Congregational Church in Februarie 1986 gestig. 44 diakens wat die Oudtshoorn UCC, voorheen die Oudtshoorn Independente Kerk, verlaat het, het besluit om ‘n Kersfeesdiens op dié dag vir hul families te hou na ‘n aantal dienste by hul onderskeie wonings. Die diens is by die destydse MOTH (Members of the Order of Tin Hats)-saal in Voortrekkerweg (vandag Ford se gebou) volgepak het. Talle moes buite na die diens luister.
Die ongebruikte slagpale-gebou in Voortrekkerweg is later van die Oudtshoorn-munisipaliteit verkry op voorwaarde dat net aan die binnekant verbeterings en verbrekings aangebring mag word.
Die gemeente het op 2 Februarie 1986 amptelik sy naam gekry en het op 12 September 1995 erkenning van die UCCSA gekry tydens die Assembly in Bisho.
Die kerk is vernoem na wyle Hendrik Weyers wat die Oudtshoorn Congregational Church vir baie jare as kassier, sekretaris, evangelis en ook bestuurder van die kerk se 14 skole gedien het.
Die eerste jaarfees is in Maart 1986 gehou.
Die kerk beplan verskeie funksies vir die feesjaar in opbou tot die kerk se verjaarsdag op 25 Desember en die 40ste jaarfees in 2026. Die eerste funksie is ‘n Megabraai op 10 Mei.
Ander funksies vir die jaar is:
- 16 Mei: Jongmense fondsinsameling
- 1 Augustus: Trip Around the World
- 27 September: Cantata
- 15 November: Gala-aand, A Night to Remember
- Februarie 2026: Gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub.
Die “40 dade van vriendelikheid ", wanneer gemeentelede na die gemeenskap uitreik met liefdadigheidsaksies, het alreeds afgeskop.
Die feeskomitee is Andrew Lourens (voorsitter), Belinda Muller (ondervoorsitter) Vaughen Muller (sekretaris), Deslynne Malgas (kassier), Gavin Arends (media) en verteenwoordigers van al die kerkorganisasies en wyke.
Mense kan vir meer besonderhede die voorsitter, Andrew Lourens, by 076 553 3501 of die sekretaris, Vaughan Muller by 084 264 4204 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’