OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn is die afgelope week diep geruk deur die dood van twee broers wat slegs vier dae uitmekaar oorlede is.
Die dood van Richard Swart (42) Donderdagaand, 20 Februarie, het die gemeenskap geskok, en gisteraand, 24 Februarie, is sy jonger broer, Corné Swart (36), ná ’n stryd teen kanker oorlede.
Richard, ’n bekende en geliefde inwoner en pa van twee seuns, is Donderdagaand in ’n motorfietsongeluk op die Safaripad dood. Sy skielike heengaan, gevolg deur Corné se dood enkele dae later, het die familie verpletter gelaat.
Hul suster, Bennedette Landman, sê die verlies is byna onbeskryflik.
“Ons is verpletter. Om twee broers in dieselfde week te verloor, is ’n pyn waarvoor ’n mens nooit regtig kan voorberei nie,” sê sy.
Richard was die oudste van vier kinders. Corné was die jongste van die drie broers. Buiten Bennedette laat hulle ook hul broer Louis, hul pa Wessel Swart, en ma Magda Scholtz, agter.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’