Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Kiesers van Dysselsdorp het van vroeg vanoggend hul kruisies by die Dysselsdorp gemeenskapsaal gaan trek terwyl dit nie so druk was by die Laerskool PJ Badenhorst stemlokaal nie.
Maria Antonie van die ANC sê hulle het hard gewerk om te wen en sy is seker dat die ANC beheer van die Oudtshoorn munisipaliteit gaan oorneem.
Volgens haar sal die ANC met enige party in die Oudtshoorn munisipaliteit saamwerk behalwe die DA.
FOTOGALERY: Dysselsdorp kiesers trek hul kruisies
Die 27-jarige Zaindeen Titus sê dit is die eerste keer dat hy stem omdat nou die belangrikheid daarvan besef. Sy groot probleem is ontwikkeling wat nie plaasvind op Dysselsdorp nie.
Oud-raadslid Nellie Soman stem saam en het ook haar ongelukkigheid uitgespreek ten opsigte van 'n gebrek aan ontwikkeling en werkskepping vir inwoners van Dysselsdorp.
Sy het haar by die Oudtshoorn gemeenskapsorganisasie (Ogi) aangesluit omdat politieke partye volgens haar net beloftes maak en niks realiseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'