OUDTSHOORN NUUS - Dit mag dalk wees dat die ANC tog een setel meer as die DA op Oudtshoorn het en dat nog twee Kleiner partye setels kan kry.
Daar heers tans verwarring met die uitslae soos wat dit gister teen saktyd aan die media op Oudtshoorn deurgegee was.
Volgens die inligting wat gister voor saktyd ontvang was, het die DA en ANC elk 8 setels, die VF Plus 3, Icosa en OGI elk 2 en Good en Advieskantoor elk 1.
Inligting wat pas ontvang is, dui egter daarop dat die syfers wat Dinsdagaand op die OVK se webtuiste bekend gemaak is, die korrekte syfers kan wees.
Volgens daardie syfers lyk die setels soos volg:
ANC 8, DA 7, VF Plus 3, Icosa 2, OGI 1, GOOD 1, Suid-Kaap Saamstaan 1, Advieskantoor1 en Patrotic Alliance 1.
Ntobeko Mangqwemgqwe, munisipale woordvoerder, het pas gesê dat die munisipale kiesbeampte aangedui het dat die finale syfers eers môre oggend deur die OVK vrygestel sal word.
Dit beteken dat die ANC dan een setel meer as die DA het en dat albei partye steeds koalisie-vennote moet soek om die dorp te bestuur.
VERWANTE ARTIKEL: Wie gaan na wie vry?
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'