Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het vanoggend 12 stemlokale besoek. By sommiges het kiesers reeds voor 07:00 gewag om te stem terwyl die stemmery traag by ander begin het.
Kiesers met wie daar gesels is nadat hulle gestem het, het almal aangedui dat die hulle stemproses vinnig en glad verloop het en dat hulle positief is oor die toekoms van die land.
Die meerderheid se keuse van ‘n party het berus op dienslewering, eerlikheid en deursigtigheid, terwyl christelike waardes vir ‘n hele aantal die norm was.
Stemlokale is tot vanaand om 21:00 oop.
Kiesers word daaraan herinner dat hulle nie in hulle wyke waar hulle geregistreer is hoef te stem nie aangesien dit ‘n provinsiale en nasionale verkiesing is. Kiesers hoef ook nie by ‘n politieke party se stalletjie buite ‘n stemlokaal aan te meld nie, hulle kan direk in die lokaal ingaan om te stem.
Kiesers word daaraan herinner dat hulle nie in hulle wyke waar hulle geregistreer is hoef te stem nie aangesien dit ‘n provinsiale en nasionale verkiesing is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'