OUDTSHOORN NUUS - Die Suid-Afrikaans Polisiediens het onlangs hul misdaadstatistieke vir die tweede kwartaal (Julie 2024 tot September 2024) bekendgemaak.
Misdrywe wat binne die grense van Suid-Afrika gepleeg is, en aangemeld is by enige van die 1 163 polisiestasies, insluitend satellietstasies en stasies by hawens, is in die verslag saamgevat.
Die misdaadverslag fokus hoofsaaklik op die 21 prioriteitsmisdade wat in twee hooftipes gegroepeer word, naamlik: gemeenskapsgerapporteerdemisdade en misdade wat as gevolg van polisie-optrede opgespoor word.
Top 30 lys:
Oudtshoorn het drie keer die provinsiale top-30-lys vir geregistreerde misdade gehaal.
- Die eerste misdaad waar Oudtshoorn verskyn is aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hier lys Oudtshoorn 24ste in die land. In 2020 se tweede kwartaal is 128 voorvalle aangemeld en dié kwartaal is 153 voorvalle aangemeld. Dit het wel met drie gedaal van verlede jaar af.
- Die tweede misdaad waar Oudtshoorn verskyn is roof by nie-residensiële persele. Hier lys Oudtshoorn 18de in die land. In 2020 se tweede kwartaal is 66 voorvalle aangemeld. Dit het egter tot 51 voorvalle in dié kwartaal gedaal, maar met 3 gestyg sedert verlede jaar.
- Die derde misdaad waar Oudtshoorn verskyn is dwelmverwante misdade. Hier lys Oudtshoorn 22ste in die land. In 2020 se tweede kwartaal is 133 voorvalle aangemeld. Dit het tot 313 in dié kwartaal gestyg en met 51 voorvalle sedert verlede jaar se tweede kwartaal.
Ander statistieke:
Moord
- Julie 2023 - September 2023 - 6
- Julie 2024 - September 2024 - 4
Seksuele misdrywe
- Julie 2023 - September 2023 - 26
- Julie 2024 - September 2024 - 24
Poging tot moord
- Julie 2023 - September 2023 - 9
- Julie 2024 - September 2024 - 10
Gewone aanranding
- Julie 2023 - September 2023 - 136
- Julie 2024 - September 2024 - 147
Gewone roof
- Julie 2023 - September 2023 - 30
- Julie 2024 - September 2024 - 29
Roof met verswarende omstandighede
- Julie 2023 - September 2023 - 30
- Julie 2024 - September 2024 - 25
Verkragting
- Julie 2023 - September 2023 - 15
- Julie 2024 - September 2024 - 17
Seksuele aanranding
- Julie 2023 - September 2023 - 7
- Julie 2024 - September 2024 - 6
Poging tot seksuele misdrywe
- Julie 2023 - September 2023 - 4
- Julie 2024 - September 2024 - 1
Roof by residensiële perseel
- Julie 2023 - September 2023 - 0
- Julie 2024 - September 2024 - 1
Brandstigting
- Julie 2023 - September 2023 - 1
- Julie 2024 - September 2024 - 1
Opsetlike saakbeskadiging
- Julie 2023 - September 2023 - 90
- Julie 2024 - September 2024 - 86
Kontakverwante misdaad
- Julie 2023 - September 2023 - 91
- Julie 2024 - September 2024 - 87
Inbraak by nie-residensiële perseel
- Julie 2023 - September 2023 - 48
- Julie 2024 - September 2024 - 51
Inbraak by residensiële perseel
- Julie 2023 - September 2023 -91
- Julie 2024 - September 2024 - 93
Diefstal uit motorvoertuig
- Julie 2023 - September 2023 - 36
- Julie 2024 - September 2024 - 49
Veediefstal
- Julie 2023 - September 2023 - 2
- Julie 2024 - September 2024 - 6
Onwettige besit van vuurwapens en ammunisie
- Julie 2023 - September 2023 - 2
- Julie 2024 - September 2024 - 3
Dwelmverwante misdaad
- Julie 2023 - September 2023 - 262
- Julie 2024 - September 2024 - 313
Bestuur onder die invloed van alkohol/dwelms
- Julie 2023 - September 2023 - 13
- Julie 2024 - September 2024 - 22.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’