Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die gemeenskap, en inwoners in Rosebank, Oudtshoorn is in skok nadat nog ’n onsinnige moord Saterdagaand.
’n 36-Jarige vrou is gearresteer vir die moord op wyle Rian Gelant (19). Sy sal in die Oudtshoorn-landroshof verskyn sodra sy aangekla is.
Die voorval het Saterdagaand 4 April ongeveer 23:16 plaasgevind. By navraag het sers. Wesley Twigg, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, die voorval bevestig.
“Volgens inligting was die oorledene in ’n argument betrokke kort voordat hy met ’n mes gesteek is.”
In ’n vorige insident, Vrydagaand, 3 April is Rozanne Botha (31) oorlede nadat sy met ’n mes in haar bo been gesteek is in haar huis. Sy was ook 5 maande swanger.
Twigg het bevestig dat ’n man gearresteer is in die veband en ook in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Lede van Oudshoorn Comunity Against Crime (OCAC) het hul skok en hartseer uitgespreek oor die voovalle. Die gebruiklike kransleggings word beplan.