Update
OUDTSHOORN NUUS - Die soektog na die vermiste Janine Stander (38), wat sedert 15 September vermis is, gaan vandag voort.
Sy is op 18 September as vermis aangemeld.
Polisieduikers en die honde-eenheid se reddingseenheid het gister, 21 September, by die kanaal langs die Safari-pad begin soek.
Stander het volgens inligting ’n vriendin van haar se woning verlaat en is sy sedertdien nie weer by die huis gesien nie.
Beeldmateriaal vanaf ’n geslotekringtelevisie (GKTV) toon egter dat sy in die vroeë oggendure van Dinsdag 16 September omstreeks 02:00 die Wicket-sportkroeg verlaat het.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, was die Oudtshoorn-polisie, patologie en ander soek- en reddingspanne ook op die toneel.
Spies sê Stander is ongeveer 1,6 meter lank en weeg 60 kilogram.
Die vermis Janine Stander. Foto verskaf
“Ons doen ’n beroep op die publiek om vorendag te kom met enige inligting wat die polisie kan help wat kan lei tot die veilige terugkeer van die vermiste persoon.”
Lede van die polisie se soek- en reddingseenheid. Foto verskaf
Enigiemand met inligting kan die Oudtshoorn-polisie kontak by 079 893 9968 of Crime Stop by 08600 10111.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’