OUDSTHOORN NUUS - Danksy die vinnige optrede van die polisie is sewe mense in hegtenis geneem na die moord op 'n 19-jarige man die afgelope naweek.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisie woordvoerder, het die moord Saterdagaand plaasgevind.
"Beamptes het Saterdag, 14 September omstreeks 23:00 op 'n toneel in Rosevalley in Oudtshoorn gereageer. Met hul aankoms het hulle 'n man met 'n steekwond aan die bors gevind.
"Hy is later deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die ondersoek het gelei tot die arrestasie van die sewe mans tussen die ouderdomme van 18 en 28. Die verdagtes bly in polisie-aanhouding en sal in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla word."
Die motief vir die moord moet nog vasgestel word en vorm deel van 'n voortgesette polisieondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’