OUDTSHOORN NUUS - Pete Damon (24) se appèl teen sy vonnis vir aanranding van sy ma is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof van die hand gewys.
Damons het sy ma aan haar nek gegryp en op die vloer neergegooi. Hy is drie jaar tronkstraf opgelê omdat dit nie die eerste keer is dat hy sy ma aanrand nie. Hy het tereggestaan op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer, maar is slegs aan aanranding gewoon skuldig bevind. Hy het skuldig gepleit op die alternatiewe klag van aanranding.
Volgens hom het hy kwaad geword toe sy ma sy stiefpa se kant gekies het tydens 'n stryery in die huis.
Die hof het bevind dat 'n opgeskorte vonnis of korrektiewe toesig nie gepaste vonnisse vir Damons sal wees nie, omdat hy nie 'n eerste oortreder is, en ook geen berou toon nie.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die hof vir direkte gevangenisstraf gevra omdat hy in 2022 'n opgeskorte vonnis van drie jaar vir aanranding van sy ma opgelê is. Alle vorige vonnisse wat hom opgelê is het hom nie gerehabiliteer nie.
Streeklanddros Ntsoki Moni het vir vonnis in ag geneem dat Damons reeds 14 maande in aanhouding was. Dit is egter verswarend dat drie van sy vier vorige veroordelings gegaan het oor aanranding van sy ma.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’