OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Courant het net na 16:00 vanmiddag, 16 Oktober inligting ontvang dat nog 'n fetus by die rioolsuiweringswerke gevind is.
Met aankoms by die munisipale rioolsuiweringswerke was die polisie en ondersoekbeamptes reeds op die toneel. Tans is geen verdere inligting beskikbaar nie.
Die koerant het op 10 Julie berig oor die liggaam van ‘n babaseuntjie, wat ook by die rioolsuiweringswerke gevind. Dit was nie duidelik hoe die liggaam daar gekom het, of waaraan die kind dood is nie. Ten tye van die voorval het lt.kol.Malcolm Pojie, die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, bevestig dat daar 'n saak van verberging van 'n swangerskap geopen is, maar tot op hede is geen verdere inligting oor die betrokke saak bekendgemaak nie.
Volgens beriggewing in vorige uitgawes van Oudtshoorn Courant was daar tussen 2014 en 2022 agt gevalle waar fetusse gevind is. Drie hiervan was in 2022.
Die Oudtshoorn Courant het 'n medianavraag in die verband gestuur en hou lesers op hoogte soos inligting bekom word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’