OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen drie verdagtes wat reeds in 2022 van moord met 'n gesamentlike doel aangekla was, se verhoor behoort in November te begin.
Die saak teen Kelvin Botha (29) van Neppon, Niel Daniels (27) van Rose Valley en Henry Smith (26) van Rosebank is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir verhoor tot 25 November uitgestel omdat die betrokke staatsaanklaer weens onvermydelike omstandighede nie by die hof kon wees nie
Hulle het glo vir Niel Fredericks (25) op 21 April 2022 in Bonteboklaan, Bridgton, met 'n skerp voorwerp doodgesteek.
Die staat voer aan dat Botha, volgens ooggetuies, glo die oorledene met sy knie op die grond vasgedruk het, terwyl Smith hom glo vasgehou het, en Daniels hom na bewering gesteek het. Die drie het glo na die voorval weggehardloop.
Hulle het nuwe regsverteenwoordiging bekom en die saak is deur streeklanddros Ntsoki Moni vir verhoor tot 25 November uitgestel.
Anzelle Laubscher is die aanklaer en die verdagtes bly in aanhouding na hulle in Junie 2022 borgtog geweier is.
Lees die vorige berig hier:
Borgtog geweier vir drie in moordsaak
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’