OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra die hulp van die gemeenskap na 'n 18-jarige jong man, Mlungisi Stwayi, na bewering Saterdagaand met klippe in Bongolethu doodgegooi is.
Sersant Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder sê die omstandighede rondom die dood van 'n 18-jarige word nog ondersoek.
"Die polisie is na die hospitaal ontbied waar 'n jong man met wonde aan sy kop aangetref is. Die man is egter by die hospitaal dood verklaar. Die lede het 'n moorddossier geopen."
Volgens Spies doen die Oudtshoorn-speurders 'n beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat die polisie met die ondersoek kan help.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, ao Wilfred Apollis by 044 203 9200 of 079 894 1897 kontak.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’