BEAUFORT-WES-NUUS - ’n Jong man van Beaufort-Wes en sy meisie is verlede Dinsdag in die Beaufort-Wes-streekhof gevonnis na hulle ses jaar gelede in 'n bakleiery by 'n taverne betrokke was. Een man is dood na hy verskeie kere met 'n mes gesteek is.
Lario Daniels (23) is skuldig bevind aan moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, asook gewone aanranding en sy meisie, Chandre Douglas (22) aan aanranding gewoon. Hy het ses jaar tronkstraf gekry, terwyl Douglas 'n opgeskorte vonnis gekry het.
Die voorvalle het op 3 April 2018, plaasgevind. Daniels en Douglas het die aand by ‘n taverne in die dorp gekuier waar hy Nicoman Smith twee keer geklap het.
Later die aand het hy vir Smith met ‘n klip gekap en met ‘n mes gesteek. Kort daarna het hy in nog 'n bakleiery betrokke geraak en die 19-jarige Don-Diago Willemse twee keer in die rug en een keer in die nek gesteek. Douglas het hom geslaan.
Streeklanddros Ntsoki Moni het die drie aanklagte teen Daniels saamgeneem vir vonnis.
Douglas, wat net aan aanranding gewoon skuldig bevind is, is ‘n boete van R10 000 of 20 maande gevangenisstraf opgelê, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.
Hyron Goulding was die aanklaer in die saak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’