OUDTSHOORN NUUS - Die stryd teen ernstige en geweldsmisdaad in Oudtshoorn het 'n groot hupstoot gekry met lang tronkstraf wat die afgelope week opgelê is aan drie mans in Knysna en Oudtshoorn wat skuldig bevind is op aanklag van moord. Die voorvalle het nie met mekaar verband gehou nie.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is Jonathan Rhodes (40), van Oudtshoorn, Woensdag 26 Junie tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis ná sy skuldigbevinding op 'n aanklag van moord.
Rohdes het op 6 Maart vanjaar sy broer, André Rhodes (32) by hul woning in Steenbokweg, Bridgton vermoor toe hulle 'n rusie gehad het.
"Die beskuldigde het sy broer met 'n mes gesteek en die slagoffer het 'n steekwond in die maag opgedoen. Hy het ineengestort op die toneel waar paramedici later die slagoffer dood verklaar het."
Die beskuldigde is daarna gearresteer en gevonnis na afloop van 'n lang verhoor.
Die Wes-Kaapse bestuur het die ondersoekbeamptes en vervolgingspanne betrokke by beide sake geloof vir hul ywer sowel as toewyding om langtermyn vonnisse in hierdie sake te verseker. Hierdie lang gevangenisse moet ook 'n streng waarskuwing stuur aan diegene wat die veiligheid van die samelewing bedreig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’