OUDTSHOORN NUUS - Die polisie in Oudtshoorn het ’n geregtelike doodsondersoek geopen nadat die liggaam van ’n man Vrydag 5 Junie uit ’n rivier by Berogoord buite Oudtshoorn gehaal is.
Volgens ao. Chris Spies, woordvoerder van die Suid-Kaapse polisie, dui voorlopige inligting daarop dat polisieduikers en Metro EMS se soek- en reddingspan na die gebied ontplooi is nadat ’n man die vorige aand deur die rivier meegesleur is.
Hy ’n vriend het na bewering ’n laagwaterbrug probeer oorsteek het.
Die man se liggaam is omstreeks 12:00 deur die soek- en reddingspan opgespoor en uit die rivier gehaal.
’n Nadoodse ondersoek sal binnekort uitgevoer word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal. Die ondersoek duur voort.
Die man se identiteit is nog nie bevestig nie.
Nooddienste op die toneel waar die man se liggaam uit die rivier gehaal is. Foto: SAPS
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’