OUDTSHOORN NUUS - ‘n 22-Jarige man se liggaam is gister, Woensdag 24 Desember ongeveer 11:45 deur ‘n lid van die publiek in ‘n oop veld by die begraafplaas buite Oudtshoorn gevind.
Adjudant Offisier, Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
“Oudtshoorn-polisie is ontbied na die toneel waar die man met verskeie meswonde gevind is. Paramedici op die toneel het hom dood verklaar. Die motief vir die moord is onbekend en vorm deel van die polisie se ondersoek.”
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en word die publiek aangemoedig om met inligting na vore te kom.
Inligting kan anononiem deurgegee word na Crime Stop by 08600 10111.
Hierdie is die tweede moord binne ‘n week in Oudtshoorn. ‘n Moord dossier is op 22 Desember deur Oudtshoorn-polisie geopen nadat die liggaam van wyle Denzil "Sergo" Boeta Prins, ook met meswonde in Bongolethu gevind is.
‘n 14-Jarige seun is intussen in hegtenis geneem vir die moord.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’