DE RUST NUUS - Die gemeenskap van De Rust is in skok en rou gedompel nadat Faizel Okkers (26) tragies gesterf het toe hy Vrydagaand, 21 November, om 20:00 op die De Rust-pad naby Asla doodgery is.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het De Rust-polisie ’n saak van strafbare manslag geopen.
“Inwoners het die polisie gekontak en genoem daar is ’n man raakgery op die N12 naby Asla. Met aankoms van die polisie is die man met veelvuldige beserings gevind en later deur paramedici dood verklaar. Omstandighede rondom die voorval word ondersoek en is geen arrestasies is sover gemaak nie.”
Okkers laat sy ma, drie susters, drie broers, asook ’n 5-jarige seuntjie agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’