Update
LADISMITH NUUS - ’n Moeder wat stil trane stort en ’n emosionele oupa wat in trane om geregtigheid pleit, was van die roerende tonele wat Donderdag 10 April voor die Ladismith-landdroshof afgespeel het na ’n polisieman op borgtog van R1 000 vrygelaat is.
Dié beampte is op 2 April op aanklag van seksuele aanranding van ’n 15-jarige seun in hegtenis geneem.
Die beweerde voorval het glo op 28 Maart plaasgevind. Die beskuldigde het nog nie gepleit nie en sy identiteit word weerhou, aangesien hy nog nie formeel aangekla is nie.
Die saak het voor landdros John Kiewietz gedien. Anzelle Laubscher het namens die staat opgetree, terwyl advokaat Benito Metembo die verdediging behartig het. Die hof het borgtog van R1 000 aan die beskuldigde toegestaan, met streng voorwaardes wat sy bewegings en kontak met minderjariges beperk.
Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het vroeër genoem dat ’n interne ondersoek onmiddellik geopen is, en dat dit parallel met die kriminele saak loop.
Die saak word tans ondersoek deur die gespesialiseerde FCS-eenheid (Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings) van George.
Lees die volledige berig in volgende week se Oudtshoorn Courant.
Vorige berig:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’