Breaking News
LADISMITH NUUS - Ladismth gons nadat `n 49-jarige getroude lid van die Ladismith-polisie, gister 2 April, hier in die plaaslike landdroshof op aanklagte van seksuele aanranding van `n 15-jarige seun verskyn het.
Die voorval het na bewering op 28 Maart plaasgevind.
Die saak word deur George se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (FCS) ondersoek.
Die beampte is gister in hegtenis geneem en het sommer kort daarna sy eerste verskyning gehad.
Volgens polisiewoorvoerder sersant Chris Spies word die beweringe as ernstig beskou en is `n interne ondersoek na die saak onmiddellik geopen. Spies het ook genoem dat die kriminele saak en die interne ondersoek teen die lid parallel met mekaar verloop.
Die verdagte bly in aanhouding tot sy formele borgaansoek op 10 April aangehoor sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’