OUDTSHOORN NUUS - Die bewaarder van die Korrektiewe Dienste Sentrum op Oudtshoorn wat vanoggend, 15 Augustus, in ’n tref-en-trap voorval beseer is, herstel tans by die huis.
Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD), het ’n motoris by die sentrale toegangshek stilgehou toe ’n beampte nader gestap het om te vra hoe hy kon help.
“Die motoris het vorentoe gery, die amptenaar teen die hek vasgedruk en van die toneel gevlug. Die saak geniet ons dringende aandag in ’n poging om die motoris op te spoor,” het Nxumalo gesê.
Die polisie het tot dusver nog nie op navrae gereageer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’