OUDTSHOORN NUUS - Jeug tussen 18 en 30 jaar word uitgenooi om deel uit te maak van die Jeugmisdaadvoorkomingsprogram.
Hierdie is ’n jeug gebaseerde struktuur met die oog op misdaadvoorkoming. Jeug sal betrek word om misdaadvoorkomingsprogamme onder die jeug te dryf, asook om hul idees te deel rakende misdaadvoorkoming.
Claassen verduidelik dat die program ’n struktuur is waar die polisie die jeug by misdaadvoorkoming betrek.
“Die doel is om die jeug aan te moedig om nie by misdaad betrokke te raak nie, asook om positiewe jeugontwikkeling aan te moedig. Hierdeur versterk ons die verhouding tussen die polisie, skole en gemeenskappe.”
• Indien jy sou belangstel kontak ao. Leila Claassen by 044 203 9025.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’