OUDTSHOORN NUUS - Uitspraak in die borgtogaansoek van 'n man van De Rust wat by twee geleenthede 'n beskermingsbevel verontagsaam het, is verlede week in die Oudtshoorn-landdroshof tot volgende jaar uitgestel omdat die betrokke staatsaanklaer nie by die hof kon wees nie.
Die 26-jarige Jonathan Scheepers het glo Cecilea Pedro op 8 November 2024 met 'n mes gedreig en haar op 30 November met 'n mes gejaag.
Pedro het op 'n vraag van die staatsaanklaer geantwoord dat hy Pedro in die eerste voorval "met die mond" gedreig het, terwyl hy nie op 30 November naby haar was nie.
Volgens Pedro is Scheepers haar voormalige kêrel, maar wil hy dit nie aanvaar nie.
Hy vra die hof om borgtog sodat hy vir sy vyfjarige kind kan gaan werk en ontken dat hy Pedro met 'n mes gejaag het.
Die staatsaanklaer, Thuba Nyamate, het dit aan Scheepers gestel dat hy nie wil aanvaar dat die klaer 'n ander kêrel het nie en nie enige borgvoorwaardes sal nakom nie. Volgens die klaer het hy aan haar genoem indien hy haar nie kan kry nie, niemand anders haar sal kry nie en hy haar sal doodmaak.
Die aansoek word deur landdros MC Ndwandwe aangehoor en is om ‘n alternatiewe blyplek vir die beskuldigde en beslissing tot 6 Januarie 2025 uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’