BEAUFORT-WES-NUUS - Die streekhof in Beaufort-Wes het Ricardo Jacobs, wat op 6 Julie 2019 in Safraanlaan, Beaufort-Wes, vir Samantha May (24) vermoor het, is tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het die staat die hof gevra om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk, aangesien hy sy meisie 42 keer noodlottig, voor haar minderjarige kind gesteek het.
Luidens Ntabazalila se verklaring het Jacobs van die toneel gevlug, maar is hy die volgende dag in hegtenis geneem.
"Hy het aan die polisie gesê dat twee Kaapse bendelede sy meisie vermoor het, en dat hulle in hul huis was omdat hulle hom ook wou doodmaak. Hy het geweier om die polisie na die huis te neem, en hulle het hom na die polisiestasie geneem waar hy aangehou is vir die besit van 'n skaapskêr. Die polisie het toe nie bewyse gehad dat hy by May se moord betrokke was nie. Hulle het hom later na die plaaslike hospitaal geneem toe hy onsamehangend gepraat het en onder polisiebewaking gehou is. Die polisie het eers die volgende dag vasgestel dat hy by haar dood betrokke was, hom gearresteer en van haar moord aangekla."
Hy het verder gesê dat Jacobs vir waarneming weggestuur is, maar die saak is weens Covid-19 vertraag.
May se seuntjie was aanvanklik baie bang en emosioneel toe hy moes getuig omdat hy bang was om Jacobs weer te sien. Hy het egter in camera getuig.
Streekshofaanklaer, Hyron Goulding, het gesê die seun se getuienis was deurslaggewend vir die skuldigbevinding. Goulding het gesê die beskuldigde was aanvanklik van plan om skuld te beken, maar het kat-en-muis gespeel tot aan die begin van die verhoor waar hy skuld ontken het, en nie-bestaande Kaapse gangsters blameer het wat moontlik sy meisie vermoor het.
Ter verswaring van vonnis het Goulding die hof gevra om die maksimum vonnis van 20 jaar gevangenisstraf op te lê. Die voorgeskrewe minimum vonnis vir dié moord is 15 jaar gevangenisstraf en die oortuigende argumente het die voorsittende beampte oorreed om 20 jaar tronkstraf op te lê.
Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging, adv. Nicolette Bell, het skok uitgespreek oor die gevoellose moord op die oorledene, veral voor haar minderjarige kind. Sy het 'n beroep op geslagsgebaseerde geweldslagoffers gedoen om hulp te soek voordat dit te laat is, aangesien dit tydens die verhoor uitgekom het dat die oorledene fisies deur die beskuldigde mishandel is, maar sy het nooit sake teen hom aanhangig gemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’