DYSSELSDORP NUUS - ‘n 22-jarige man van Dysselsdorp is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof agt jaar tronk toe gestuur nadat hy op twee klagtes van poging om te verkrag skuldig bevind is.
Streeklanddros Daniel Boks het die getuienis van Granwill Prins sowel as dié van ‘n getuie van hom, as leuens verwerp terwyl die klaer as ‘n geloofwaardige getuie bevind is.
Die twee voorvalle het kort na mekaar in Augustus 2023 plaasgevind.
Die hof het met vonnisoplegging gesê poging om te verkrag is net soos verkragting ‘n baie ernstige misdryf waarvoor minimum vonnisse voorgeskryf word.
Die vrou het Prins geken en hom vertrou.
Die hof het egter bevind dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan om af te wyk van die voorgeskrewe vonnis en hom tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’