OUDTSHOORN NUUS - ’n 69-jarige man van Rose Valley in Oudtshoorn is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof aan verkragting van ’n 9-jarige meisie skuldig bevind.
Hy is ook op die verbreking van ’n beskermingsbevel en verbreking van borgtogvoorwaardes skuldig bevind. Vonnisoplegging is tot môre, 27 Augustus, uitgestel.
Die voorval het 10 jaar gelede gebeur.
Die hof het bevind dat die klaer ’n baie goeie indruk op die hof gemaak het en nooit, selfs onder kruisondervraging, haarself weerspreek het nie.
Die weergawe van die beskuldigde, April Adams, wat alles ontken het en aangevoer het dat die ouers van die klaer ’n storie teen hom opgemaak het, is deur die hof verwerp.
Streeklanddros Daniel Boks het in sy uitspraak van byna drie ure gesê dat die staatsgetuies mekaar gestaaf het en die beskuldigde se weergawe nie redelik moontlik waar kan wees nie.
April het die klaer tussen tussen 2015 en 2018 verskeie kere in sy huis verkrag. Hy het haar ook meer as een keer met die dood gedreig indien sy vir enigeen daarvan sal sê. Hy bly in aanhouding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’