OUDTSHOORN NUUS - ’n 27-jarige man van ’n plaasgemeenskap buite Oudtshoorn is Woensdag 15 Oktober in die Oudtshoorn-streekhof vir 25 jaar tronk toe gestuur vir die verkragting van ’n 7-jarige meisie.
André Geduld se ontkenning dat hy die kind op 3 Februarie 2024 verkrag het, is deur die hof verwerp.
Die staatsaanklaer, Elaine Plaatjies, het die hof versoek om nie af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslank nie, omdat Geduld geen berou toon, en tot die einde onskuldig gepleit het ten spyte van verdoemende getuienis voor die hof.
Streeklanddros Daniel Boks het egter bevind dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan om ’n mindere vonnis van lewenslank op te lê.
Die hof het ook gelas dat Geduld se naam in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem word, en hom ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’