Advertorial
SAKENUUS - Nicili Emmerich, 'n gr. 10- leerder aan Langenhoven Gimnasium, en 'n leerder van Jaco van Zyl, eienaar van MindCube, het haar besonderse ervaring oor wat sy oor wiskunde met MindCube geleer het, gedeel.
Wiskunde is die inkleur-potlode in die fondasie van 'n skoolloopbaan. Vandag se kinders is môre se volwassenes en daarom is dit belangrik dat elke kind wiskunde oefen, maar ook geniet.
MindCube slaag definitief daarin om kinders op 'n speel-speel manier te leer sodat hulle daarvan hou en nuuskierig is om meer van wiskunde te leer.
MindCube "minus" 'n slegte dag, "vermenigvuldig" kennis, "plus" 'n ongelooflike ondervinding, en dit skep 'n liefde vir wiskunde wat almal deel.
MindCube het my breinfiks gemaak en dit is 'n voordeel in my daaglikse lewe in verskeie situasies. Ek het geleer hoe om 'n stappie verder te dink en nie net te doen nie, en my kennisveld het ongelooflik baie verbreed. MindCube het ook baie aan my selfbeeld, oplettendheid, perseptuele vaardighede en logiese redenasies gebou.
'n Mens kan nie vuur maak sonder hout nie, so voel ek dat mens nie suksesvol kan wees in wiskunde as jou fondasie nie sterk genoeg is nie. "Dink twee keer en skryf een keer." Hierdie bekende woorde van oom Jaco van Zyl is lewensveranderend, omdat ek dit in baie ander vakke, of selfs in my persoonlike lewe ook leer. Dink eers mooi voor jy iets doen.
Positiwiteit word geplant tussen die MindCube-mure. 'n Groot liefde vir wiskunde word gekweek en later blom ons van goeie kennis wat lei tot wysheid.
Wiskunde leer ons dat daar 'n oplossing vir elke probleem is en om aan te hou totdat jy iets regkry. Dit leer ook om versigtig te wees vir "die tekens". Moet nooit sê: "Ek kan nie." Sê eerder: "Ek sal probeer."
Maak wiskunde deel van jou lewe en gebruik dit. Wees dankbaar vir die gawe dat jy kan luister en leer. Ons is dankbaar vir MindCube.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'